Pad na Glorie is waar rugby en romanse bots

JAKES SE GEHEIM front.jpg
N MAN SOOS PIERRE front.jpg
N KANS VIR CHRISTOPHER front.jpg
DANIEL SE DILEMMA front.jpg
ULTIMATUM VIR ULRICH .png

Die Verspeelde Kanse Reeks speel af voor die Pad na Glorie-reeks. Dit is omtrent 'n proloog van die Pad na Glorie-reeks. Net Een Kans is die verhaal van Nicholas Carter, die eienaar van die Wildehonde, wat toe later die Buffels geword het en Emma Cole, 'n finansiële genie. Die verhaal vertel ook hoe die Buffels sy naam gekry het. 'n Tweede Kans is die verhaal van Carl Becker, voormalige speler en skeidsregter wat die voorspeler-afrigter is by die Wildehonde/Buffels en Sandy, die masseuse van die Buffels. Die derde boek in die trilogie, 'n Laaste Kans, is die verhaal van Damian Cooper, die laaste kaptein van die Wildehonde en die eerste van die Buffels. Hy is ook die man wat Buffels sy naam gegee het.

Net Een Kans_Francine Beaton.png
BookBrushImage-2022-4-26-8-2759.png
BookBrushImage-2022-4-26-8-2652.png

Met die Hottentotsberge as agtergrond, in die hart van Suid-Afrika se Wynlande, lê die twee wynplase Blouberg en Tweekop. Jare gelede het die Sinclair van Tweekop en die Walkers van Blouberg  'n groot verlies gelei toe Duncan Sinclair en Nina Walker in die brand omgekom het wat ook Blouberg vernietig het. Twee jaar later het Anna Sinclair en Marc Walker die twee families wat wat beste vriende en bure wag, verenig het met hul troue.

Blou Somer.jpeg
'n Stukkie Blou Hemel.png
Klein Bietjie Blou.png
Onverwagse Blou.jpeg
Blou vlam van die Liefde.jpeg
Vasgevang in Blou.jpeg
Blouer as Blou.jpeg
Getrou aan blou.jpeg
Die meisie in die Blou Rok.jpeg

Die Groenbosbaai-reeks het in Engels verskyn as die Taste for Love Series. Al wat egter oorgebly het is die basiese storielyn van die oorspronklike reeks. Karakters het nuwe Suid-Afrikaanse name en vanne gekry, en die reeks het verskuif vanaf Edinburgh in Skotland na Groenbosbaai in Suid-Afrika.

 

Somerson Kersfees het in Engels verskyn as The Ray of Hope. Kolwyntjies vir die Liefde was die derde boek in die reeks en het verskyn as Taste for Cupcakes. Taste for Coffee word Kinkels en Koffie en Taste for Wine word Soeter as Wyn. En nou is daar 'n nuwe boek wat nog nie in Engels verskyn het nie met die naam van Sjokolade Soentjies. Die enigste karakters wat nog oorgebly het van die Taste for Love-reeks en wie se naam nie verander het nie, is die karakters in Taste for Wine.

 

Groenbosbaai is my eie denkbeeldige dorp naby Knysna aan die Tuinroete. Partymaal is dit lekker om jou eie plek te skep want jy kan dit so mooi, of lelik maak, soos jy daarvan hou. Vir my is Groenbosbaai 'n mooi dorp, met elemente van Graaff-Reinet, Stellenbosch en nog so 'n paar Wes-Kaapse plekkies tussen-in.

Kolwyntjies vir die Liefde_Francine Beaton.png
Somerson Kersfees_Francine Beaton.png
Kinkels en Koffie_Francine Beaton.png
Soeter as Wyn_FrancineBeaton.png
BookBrushImage3D-27faceforward-paperback-reveal.png

Die Op die Kantlyn-reeks is 'n splinterreeks van die Pad na Glorie-reeks. Julle ken mos die storie van altyd die strooimeisie maar nooit die bruid? Dis omtrent so 'n reeks, van al daardie karakters wat in die Pad na Glorie-reeks verskyn as bykarakters, soos Jesse, Angie in Jakes se Geheim se tweelingbroer. Sy boek gaan volgende verskyn. Hulle het almal so gekerm dat ek uiteindelik besluit het om vir hulle ook stories te skryf. Niel Mackay is byvoorbeeld Sarah MacKay (Richie en die Rooikop), se ouer broer. Hy is ook goeie vriende met Daniel Cooper (Daniel se Dilemma). 

Keuses van Gister.jpg
Kans vir Liefde_FrancineBeaton.png