Ek skryf onder die skuilnaam Francine Beaton. Ek het my debuutroman—‘n kontemporêre sportroman met die naam Eye on the Ball—in April 2018 gepubliseer nadat die skryfgogga my in Julie 2016 gebyt het. Sedertdien het ek etlike boeke in verskillende reekse gepubliseer. Dié reekse sluit onder andere in “Playing for Glory”, “Taste for Love” en “Blue Mountain”.

 

Ek is ‘n Pretorianer wat lief is vir reis en ek beskou Skotland as my tweede tuiste. Dit kan seker nie anders nie aangesien my man ‘’n gebore Skot is. Ons het een byna-mondige dogter wat in Melbourne studeer.

 

Wanneer ek nie lees of skryf oor liefde en gelukkige eindes nie, tel ek soms ‘n verfkwas op of neem foto’s van enigiets wat my oog vang.

Moenie verbaas wees as jy my gedurende die rugbyseisoen of langs die veld of voor die televisie kry, besig om my gunsteling-rugbyspanne te ondersteun nie. Dit is dus nie ‘n verrassing dat Pad na Glorie-reeks, rugby as ‘n tema het nie.

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • Instagram Social Icon
  • Blogger Social Icon
  • 2162633
  • goodreads-icon
  • Pinterest Social Icon
  • Amazon Social Icon

© 2020 by francinebeaton. All Rights Reserved.