Search
  • Francine Beaton

VYF MANIERE HOE SKRYWERS INSTAGRAM EFFEKTIEF KAN GEBRUIK


Hoekom moet skrywers Instagram gebruik?


Instagram is ‘n visuele platform en een van die beste maniere wat ‘n skrywer kan gebruik om lesers te bereik. Dis tog iets wat elke skrywer soek, dan nie? Selfs al het jy nog nie ‘n boek gepubliseer nie, kan jy jou reeds vestig op die platform. Soos ek al in vorige blogs genoem het, is ek nie 'n ekspert nie. Ek maak foute maar dis maar hoe mens leer. Jy kan nou my twee Instagram profiele kyk, en jy sal sien, veral met my Engelse profiel, hoe ek eksperimenteer. En dan: ek vergeet partymaal om inskrywings te maak. Ek skeduleer dit vooraf en vergeet om die tye te verander of hutsmerke by te voeg. So ja, ek maak regtig foute maar hopelik kan julle ook uit my foute leer.


1. Bio

Maak seker jou skrywer biografie resoneer met lesers. Moenie probeer om almal tevrede te stel nie. Soek jou perfekte leser. Dis al wat tel. En maak seker jy plaas ‘n skakel na jou webblad of blog. Jy kan gerus na 'n platform soos Linktree (https://linktr.ee/) kyk waar jy al jou skakels op


2. Interaksie met Mede-gebruikers

Maak seker jy het interaksie met andere, hetsy dit bloggers, skrywers of lesers is. Dit gaan nie net om nuus uit te deel nie. Kyk na ander se inskrywings, hou daarvan, en lewer kommentaar op hul foto’s.


3. Pos gereeld inskrywings

Pos gereeld inskrywings vir diegene wat jou volg. Indien jy net so nou en dan inskrywings maak, kan jy volgelinge verloor. Instagram-gebruikers kyk met hul oë. Moenie ander se inskrywings kopieer nie. Maak oorspronklike inskrywings wat kan wissel van ‘n goeie resensie, nuwe vrystelling, jou stokperdjies, mooi aanhalings, jou werkplek, en nog vele meer. Volgende week sal ek bietjie meer hieroor uitbrei. En, as jy nie goed is met foto's nie? Dan is daar opsies vir jou wat ek ook meer volledig sal bespreek.


4. Wees konsekwent

Gebruik Instagram om jou handelsmerk te vestig. Het jy nog nie ‘n handelsmerk nie? Dan is dit ‘n goeie idee om dit te doen. Plaas dieselfde tipe inskrywings, gebruik dieselfde kleurskema, ens. Dit help lesers om met jou te identifiseer. Dit sal goed wees as jy hieroor kan dink nog voor jy jou profiel begin maar as jy nie het nie, soos ek, is dit ook nie die einde van die wêreld nie. Begin nou dan daarmee.


5. Hutsmerke

Gebruik hutsmerke en beskrywings by elke foto en video wat jy op Instagram pos. Dit help om ‘n beter gebruik te maak van Instagram en seker te maak dat mense wat jou belangstellings deel, jou inskrywings sien, al volg hulle jou nie. Daar is talle hutsmerke wat jy kan gebruik, maar pasop, as jy meer as 30 gebruikhttps://www.instagram.com/francinebeatonskrywer/, verwyder Instagram jou opskrif in geheel, so plaas eerder minder. In Engels kry mens die hutsmerk #bookstagram waar jy heelwat hutsmerke sal vind. Ek self gebruik #boekstagram, alhoewel dit meer deur die Nederlanders gebruik word maar wie weet? Dalk is daar 'n leser of twee wat Afrikaans wil lees onder die Nederlanders. So byvoorbeeld kan jy hutsmerke soos #afrikaans #skrywer #leesafrikaans #liefdesverhale #inspirasie #romanses #afrikaansefiksie, ens. gebruik. Nog beter, skep jou eie vir jou boek of jou reeks boeke. En natuurlik, jou skrywersnaam moet ook ‘n hutsmerk wees. Daar is ook hutsmerke soos #wantekskryf, #wanteklees, #ontspan, en nog vele ander. Hier is 'n voorbeeld vir die reeks hutsmerke wat ek gereeld gebruik vir die Pad na Glorie-reeks.

#padnaglorie #jakesegeheim #nkansvirchristopher #danielsedilemma #Afrikaans #nmansoospierre #ultimatumvirulrich #suidafrikaans #romanse #fiksie #rugby #roman #afrikaansefiksie #liefdesverhaal #liefde #afrikaanseboeke #Pretoria #sportroman #sport #rugby #rugbyroman #afrikaanseskrywers #ROSA #tweedekanse #drome


Ek hoop dit help!


Groete tot volgende keer


Francine


#afrikaans #skrywer #wantekskryf, #leesafrikaans #blog #inspirasie #advies #raad, #francinebeatonskrywer #francinebeaton



4 views0 comments